Annemarie & Frederik

ONS TROU!

ANNEMARIE & FREDERIK

“Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.” Gen 2:24

Saterdag, 13 November 2021

Vanaf 14h00

Hazeldean Brewing Company

Gemaklik

Sondag, 14 November 2021

11h00

Riverside Castle

Semi-formeel

ONS LIEFDESVERHAAL

Jong. Na 29 jaar het niemand gedink ek gaan ooit ñ vrou kry nie. Toe ontmoet ek haar sowaar by die bar. Sy het ñ ander storie vertel as al die ander mense; hare was vol kleur, vreugde, vrolikheid. Ek kon in haar oë sien dat hierdie meisie die lewe geniet. Ek moes haar leer ken…


Frederik het my bier geskink na een van my Sondagoggend-draffies. Sy oë was sag en sy glimlag eg, maar matta, ek het nie kans gesien vir nóg vingers brand nie, toe verdwyn ek maar die skare in! Minwetend dat dié sagte oë ñ harde wil het! So gebeur dit toe dat ek ñ boodskap van ñ vreemdeling kry: “jy slaan my asem weg, wil jy gaan draf?”


Dit was ñ lang gewag, maar na ñ week het sy ingestem om te gaan draf en so het een draffie, twee, drie, vier geword. Draffies het in naweke berge toe verander. Voor ons ons oë kon uitvee, was ons saam in Interlaken, hand-aan-hand op die rugraat van ñ berg.


Hy het stil-geduldig toegelaat dat my vlindershart oor oseane vlieg, al was almal onseker of die vlinder ooit weer sou terugkeer. Ek het, en te danke aan God se genade en ingryping, het ons twee die voorreg gehad om die afgelope 18 maande in dieselfde provinsie te wees en saam te groei. Deur grendeltyd het ons besluit dat ons ñ driedubbele tou wil vleg en hier is ons nou!


Ons gedeelde liefde vir die natuur en avontuur was die vonk. Ons vashou aan Christus as ons middelpunt en voorbeeld is die onblusbare brandhout. Mag die vuur van ons huwelik helder brand tot die einde van ons dae! Ons nooi julle om te kom dans om ons vuur van eenwording.

Soveel dae tot ons 'JA'

Tydlyn

braai & Kaskenades
Saterdag 14h00
Hazeldean Brewing Co.

Ons doen dinge bietjie anders: ons makietie voor ons trou! Kom geniet ‘n gemaklike aand van lekker kos, goeie geselskap, photobooth-pret en opsionele speletjies. The Wedding Nanny sal die kinders vermaak vanaf 14h00 to 20h00; dui aan op die RSVP-blad indien jul kinders saam wil speel. Geen drank word toegelaat nie, daar is ‘n kontantkroeg beskikbaar. Bring asb ‘n kampstoel

Seremonie
Sondag 11h00
Riverside Castle

Vanoggend beloof ons trou aan mekaar voor ons Hemelse Vader en geliefdes as getuies. Arriveer bietjie vroeër vir ‘n lekker cappuccino of koue water. Dis ‘n stywe sit in die kapel, so onthou asb jou masker en handreiniger. Kinders word in die kapel toegelaat. Ons wil graag groepsfoto’s na die diens neem, so moenie dadelik verdwyn nie!

GESEKENKREGISTER

ONS VERSOEK

Liefste familie en vriende.

Ons het reeds ‘n huis vol dinge en versoek slegs jul teenwoordigheid.

Ons verstaan wel dat sommige mense se liefdestaal geskenkies is, en daarom het ons ‘n Yuppiechef-bladsy opgestel: yuppiechef.com/yc5645729

asook

Outdoor warehouse wishlist
https://www.outdoorwarehouse.co.za/
Username:
u10012266@tuks.co.za
Password:
Fred&ann01

Ons sal ook ‘n veilige boks verskaf vir diegene wat kontantgeskenke wil gee.

Moet groot asseblief nie gedruk voel om by ons lys te hou of om enigiets te gee nie; ons weet covid-tye is styf en jul getuienis van ons huweliksbevestiging is geskenk genoeg.

Plek

Waar ons trou

Onthaal Saterdag:

Hazeldean Brewing Company Hazeldean Valley plaas, Hazeldean

Frederik (0613040897) of Annemarie (0834061667)

Seremonie Sondag:

Riverside Castle Plot 204, Graham Road (vanaf Lynnwood), Zwavelpoort

Frederik (0613040897) of Annemarie (0834061667)

RSVP

RSVP teen 30 September 2021



    Gaan U bywoon?